Kuier

HOE? HOE?

Vraag

HELP MET MEMORY

My selfoon se memory bly vol, selfs al delete ek onnodige goed op my selfoon. Hoe maak ek dit reg? ANONIEM

Antwoord

BESTE ANONIEM

•Maak seker dat jy foto's en video's wat jy nie meer nodig het nie op jou selfoon •As jy spam, junkof draft e-posse het, kan dit ook die rede wees hoekom die spasie op jou selfoon min raak. Delete dit en ook e-posse wat jy nie meer nodig het nie. Jy sal verbaas wees hoeveel meer spasie jy gaan hê as jy van onnodige e-posse ontslae raak. •Wanneer jy aanlyn inkopies doen, jou besonderhede invul en toestemming gee dat hulle vir jou promosie-e-posse stuur, neem daardie e-posse ook baie spasie op. En omdat dit beslis nie e-posse is wat ver in die toekoms gaan nodig hê nie, delete dit vir meer spasie. •Wat baie mense nie weet nie, is dat hul selfone soms goed soos foto's of video's outomaties aflaai. Byvoorbeeld as jou "media visibility" setting op WhatsApp aan is, gaan jou selfoon outomaties 'n foto of video na jou gallery (fotoapp) afgelaai. Om dit te vermy, sit dit liewer af. Gaan op WhatsApp en kliek op settings. Kliek op die chatsopsie. Jy sal onder chat settings jou "media visibility"-opsie kan afsit. Jou gallery gaan dan nie gebombardeer word met onnodige foto's of video's tensy jy dit nie self aflaai nie. •As jy vooraf geïnstalleerde apps op jou selfoon het wat nie delete kan word nie, maar ook nie nodig is nie, is daar 'n manier wat jy die spasie wat hulle opneem, kan verminder. Gaan na settings op jou selfoon en kliek op applications. Kliek dan weer op die spesifieke app wat jy nie gebruik nie, maar nie delete kan word nie, en kliek op die "disable"-opsie. •Maak die "cache" van jou apps skoon. Gaan na settings, applications en kies 'n app. Scroll na waar storage is en kliek op "clear cache". •As jy alles probeer het, maar die probleem duur steeds voort, is dit tyd om 'n memory card te kry. Onthou, min memory maak ook jou foon stadig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier1 min read
Fotoblokraai
OPLOSSING VERSKYN IN DIE UITGAWE VAN 20 JUNIE 2024. SOEK VIR “ARENDSVLEI-FOTOBLOKRAAI”. OPGESTEL DEUR: THOMAS MINNAAR FOTO'S: KYKNET EN KIE EN DALE FOURIE ■