Landbouweekblad

Organiese ideale herbekyk ná Sri Lanka-fiasko

Die oorgang van konvensionele boerdery na organies is in sekere bedrywe gladder en vinniger as in ander. In sekere uitvoerbedrywe loop die druk hoog om die omskakeling te doen.

Die inploffing van Sri Lanka se regering vroeër vanjaar het die kollig opnuut geplaas op organies – en die ingewikkelde debat oor of dit prakties is. Dit is belangrik om eers die konteks te verstaan van die hernude debat tussen diegene vir en teen organiese produksie na aanleiding van wat in dié land gebeur het.

As deel van sy 2019-verkiesingsveldtog wou Sri Lanka se voormalige president, mnr. Gotabaya Rajapaksa, ’n geleidelike oorskakeling na organiese landbouproduksie binne ’n dekade bewerkstellig. Oor etlike jare – vóór Sri Lanka se organiese krisis – het ondeurdagte beleid die ekonomie afgetakel. ’n Terreuraanslag in 2019, asook die rimpeleffek van die covid-19-inperkings en die Russiese inval in Oekraïne was net verdere olie op die vuur.

OORHAASTIG EN ONVOORBEREID

In April 2021, toe dié land ekonomies erg in die knyp was, het die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit