Landbouweekblad

TWEE TREE VORENTOE, EEN TREE TERUG

Wolskaapboerdery in die kommunale gebiede van die Oos-Kaap het in die afgelope 20 jaar ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan. Dit het die lewenstandaard van vele mense verbeter, maar ’n groot hekkie staan in die pad van verdere vordering.

Met die begin van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se kommunale wolverbeteringsprojek in 2002 is sowat 222 000 kg wol uit die kommunale dele van die Oos-Kaap teen R1,5 miljoen bemark. In 2021 is 5,4 miljoen kg wol van R300 miljoen verkoop danksy die impak van die projek.

Dié projek is ’n toonbeeld van hoe die georganiseerde landbou en die staat kán saamwerk om transformasie in die landelike gebiede van Suid-Afrika te ondersteun, en word uit vele oorde geprys. Selfs mnr. Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die bedryf met die projek gelukgewens op die onlangse NWKV-kongres in Gqeberha.

Kort ná die samesmelting van die departement van landbou met dié van grondsake en landelike ontwikkeling in 2019 is die jaarlikse finansiering van R12 miljoen vir die ramverbeteringsprojek egter beëindig.

Dit was een been van die projek wat ’n belangrike bydrae gelewer het om kommunale wolboere se kuddes, en gevolglik hul wolinkomste, te verbeter.

“Omdat die projek beëindig is, is daar steeds baie gemeenskappe wat nie die nodige ondersteuning ontvang nie. Ons sien dat die gehalte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit