ANDERS as elders ter wêreld word minder hoendervleis per kop nou in Suid-Afrika geëet.
Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die braaihoenderorganisasie van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), skryf dit toe aan werkloosheid en verbruikers se onvermoë om meer vir hoendervleis te kan betaal.
Hy het pas die internasionale pluimveeraad (IPC) se kongres in Bordeaux, Frankryk, bygewoon en sê