Huisgenoot

TEREZA & BENNIE ‘ONS GAAN WEER MA EN PA WORD’

AS JY nie van beter geweet het nie, sou jy kon sweer die twee vroue hier voor jou is ’n ma en haar dogter – hulle lyk dan op ’n druppel na mekaar. Almal sê so.

Daar’s hul eenderse modekeuses en glansende gitswart lokke. Albei vroue het heelwat selfvertroue en hulle klink selfs na mekaar. O, en gee jy hulle die geleentheid, poseer albei met ’n pruilmond vir die kameralens.

Maar die skoonheid Tereza Troskie-Herbst het natuurlik nooit ’n dogter van haar eie gehad nie. Reinette Harms (32) is bloot ’n vriendin, of so het die twee die buitewêreld die afgelope paar weke vertel.

Maar vir Tereza, verklap hulle vandag in ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot, is sy soveel meer: Reinette is ’n surrogaatma – sy is die vrou wat op 53 weer van Tereza en haar man, Bennie (42), ouers gaan maak.

“Ek kan dit amper steeds nie glo nie,” sê Tereza emosioneel en druk Bennie, ’n sakeman, se hand. “Ons gaan weer mamma en pappa word. Ek het nie gedink ek sou daardie frase ooit weer hardop sê nie.”

Die voormalige skoonheidskoningin en haar spiertier is in September 2016 in rou gedompel toe hul babaseun, Jayden, se hartjie net ses dae ná sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related