Landbouweekblad

Geleenthede wink met Brandvleidam se hoër kanaalmuur

Bouwerk aan die 30 cm-verhoging van die muur van die inlaatkanaal tot die Brandvleidam, die naasgrootste dam in die Wes-Kaap, sal na verwagting einde vanjaar voltooi wees. Die werk het in Januarie vanjaar begin.

Die waarde van die bouwerk is na raming R20 miljoen.

Die dam verskaf water aan die Breëriviervallei, die vierde grootste wynproduksiestreek in Suid-Afrika waar wynproduksie heeltemal van besproeiing afhanklik is en waar boere ook toenemend hoërwaardegewasse plant.

Mnr. Louis Bruwer, uitvoerende hoof van die Sentraal-Breërivier-watergebruikersvereniging, sê die Groter Brandvlei-staatwaterskema bestaan uit die Brandvlei- en die Kwaggaskloofdam, wat teenaan mekaar lê. Wanneer die watervlak hoog is, vorm dit een dam.

Die Brandvleidam is nie soos baie ander damme in ’n rivier gebou nie, maar word gevoed uit die Smalblaarrivier, wat na die Holslootrivier oorgekeer word, en van waar water met ’n kanaal na die dam gebring word.

Die kanaal is 4 km lank, 20 m tot 25 m wyd en het ’n vermoë van 55 m3 per sekonde (kumek).

“Wanneer daar danksy reën water in die opvangsgebiede is, moet ’n mens dus soveel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh