Landbouweekblad

Zoeloe-boer in die Kaap: Van beeste en hout na appels en pere

Hy het koponderstebo by die tafel gesit, sy oë toe en sy hande inmekaar gekruis. Soos die name van die vyf ander finaliste in Agri Wes-Kaap en Sanlam Landbou se Jongboer van die Jaar-kompetisie op ’n gala-aand in Kaapstad een vir een afgelees en vir hul bydrae tot die landbou erken is, het mnr. Ian Cunningham sy kop liggies geskud elke keer wanneer hy nie sy naam hoor nie. Daar is nie ’n manier dat hy gaan wen nie, het hy gedink.

Maar toe het sy vrou, Inge, langs hom opgespring, en nog mense het gestaan en hande geklap. Tóé het dit ingesink dat hy aangewys is as Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar vir 2022. “Ek was oorweldig met soveel emosie,” onthou die 37-jarige Cunningham. “Ek het net daar my kop weer gesak en vir God dankie gesê.”

Dié Engelsman, oorspronklik van Kwa-Zulu-Natal, is stewig aan stuur van sake by die appel-peer-en-wyndruifboerdery Fine Farms op Elgin, asook die appel-en-peerboerdery High Noon by Villiersdorp.

In 2019 het gemeenskapslede hom die eerste keer ingeskryf, en hy is toe aangewys as een van die ses finaliste.

Vandag sê Cunningham: “Drie jaar gelede was ek nie reg om te wen nie. Ek het intussen soveel geleer waarvan ek toe niks geweet het nie. Nou kan ek die bul by die horings pak!”

Die afgelope

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter