Landbouweekblad

HOE WINSGEWEND IS DIE SOJAWAARDEKETTING?

Sojabone is wêreldwyd een van die mees dinamiese gewasse. Die oppervlakte onder produksie het die afgelope 20 jaar verdubbel.

Sojabone is ’n hoë proteïenlewerende oliesaad en die verhoging in produksie kan grootliks toegeskryf word aan die stygende vraag na vleis, en dus ook na dierevoer. ’n Toename in die vraag na groente-olie, as voedselproduk asook vir biobrandstofproduksie, het ook tot die groei in die vraag bygedra.

Die gebied onder sojaboonproduksie in Suid-Afrika het toegeneem van gemiddeld 100 000 ha in 2000-’02 tot gemiddeld 700 000 ha in 2017-’19. In die huidige 2021-’22-seisoen word ’n buitengewoon groot oes van sowat 1,93 miljoen ton verwag, met die nasionale gemiddelde opbrengs teen 2,09 t/ha beraam.

Luidens die jongste BFAP-vooruitskouingsverslag word beraam dat die sojaboonoppervlakte gaan vergroot tot net meer as 1 miljoen ha teen einde 2029.

VERSPREIDING IN PROVINSIES

Vanaf 2010 tot 2018 het 90% van die sojaproduksie hoofsaaklik onder droëlandverbouing plaasgevind, luidens

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh