Landbouweekblad

Beheerde brand verg bitter fyn beplanning

Beheerde brande is onlosmaaklik deel van suksesvolle veldbestuur, sê mnr. Kotie van den Berg van die plaas Beeldhouersfontein, Murraysburg. Hoe deegliker beplanning vooraf gedoen word en hoe meer faktore in ag geneem word, hoe beter kan die veld daarna herstel en terugbons.

Van den Berg, wat deel is van die familie wat die langste op Landbouweekblad ingeteken is en sedert 1919 nie ’n enkele uitgawe misgeloop het nie, is in 2012 as die Weidingsvereniging van Suider-Afrika (WVSA) se topbewaringsboer in die Wes-Kaap aangewys. Hy is ook ’n weidingkundige en was vir baie jare voorsitter van Murraysburg se bewaringskomitee.

Van den Berg sê die bergagtige, oostelike dele van die Karoo, waar Murraysburg geleë is, het ’n eiesoortige plantegroei, bekend as suurpolbergveld met ’n kenmerkende samestelling. Die veld bestaan hoofsaaklik uit suurpol (, voorheen), ’n geharde, meerjarige, koelseisoen-polgras

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit