Landbouweekblad

Veerkragtige avokado’s: Slaan só munt uit verbruikersgolf

Baie plaaslike en internasionale verbruikers van die nagenoeg 135 000 ton avokado’s wat jaarliks in Suid-Afrika geproduseer word, wil weet dat dié boomvrugte omgewingsvriendelik verbou word, en boonop geen voedselveiligheidsrisiko’s inhou nie. Dit is redelike vereistes, maar veroorsaak kwessies vir boere. Hulle kom toenemend agter dat hul historiese arsenaal van doeltreffende, dog duur en potensieel skadelike gewasbeskermings- en voedingsprodukte, kommerwekkend beperk word deur druk van die samelewing en wetgewers.

Avokadoboere moet dus omgewings- en verbruikersvriendeliker maniere vind wat soortgelyk of hopelik doeltreffender is om hul boorde te beskerm en te voed. Opbrengste en vrugtegehalte moet ook dieselfde of beter wees. In die lig van steeds stygende insetpryse moet ’n plaas se winsgewendheid beslis nie bedreig word nie. Dit is nie min gevra nie.

Volgens mnr. Mark Hutton, ’n biospesialis by die biologiese plantgesondheidsmaatskappy Andermatt Madumbi,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro