Landbouweekblad

STIKSTOF: Daar ís ’n ander bron

Die landbou sit met ’n stikstofdilemma. Stikstof maak plante produktiewer. In stelsels waar stikstof beperk is, moet dit bygevoeg word, maar dit kan ook watergehalte benadeel en kweekhuisgasse in die atmosfeer vrystel.

Daarbenewens is die doeltreffendheid waarmee gewasse anorganiese stikstof gebruik, skaars 50% en het die nitraatvorm water nodig om in die grond te beweeg (sien KASSIE op bl. 45).

Daar is egter ’n “poel” organiese stikstof wat met grondminerale geassosieer word, maar wat meestal misgekyk word en as onaktief beskou word.

Prof. Stuart Grandy, ’n grondbiochemikus en hoof van die sentrum vir die ekologie van grondmikrobes en biogeochemie aan die Universiteit van New Hampshire in Durham, Amerika, sê dit is ’n groot poel stikstof wat potensieel vir plante en mikrobes beskikbaar is en boonop die veerkragtigheid van boerderystelsels kan verhoog.

Onlangse navorsing toon dat grond wat ander vorme van stikstof gebruik het omdat die grondgesondheid oor tyd opgebou is, beter weerstand kon bied teen droogte as grond wat op anorganiese stikstofbemesting staatgemaak het.

Grandy het vyf jaar gelede begin wonder of daar ’n alternatief is vir die 250 kg stikstof wat Amerikaanse boere dikwels per hektaar toedien as hulle probleme by hul gesaaides ondervind.

“Ek het begin om na ons besonder produktiewe prêrie- (grasvlakte) ekostelsels as ’n alternatief te kyk. Dit gebeur maklik dat jy omtrent geen nitraat en baie min ammoniak in dié stelsels kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit