Landbouweekblad

‘ONS BÓÉR DAAR’ Tydlyn van mynplan by Swellendam ‘klop nie’

Die aansoek om prospekteerregte van ’n mynmaatskappy wat mangaan en vanadium op plase in die suidelike Overberg wil ontgin, het met rasse skrede gevorder. Dit kom te midde van bewerings van gebrekkige kommunikasie in die konsultasieproses met die gemeenskap wat daardeur geraak sal word.

Western Cape Minerals (WCM) se omvangsverslag is teen middel Augustus deur die departement van minerale hulpbronne en energie goedgekeur. Dit beteken die maatskappy kan nou begin met fisieke inspeksies, ondanks die feit dat van die boere wie se grond vir prospektering geoormerk is, nie vooraf kennis gedra het van die aansoek nie.

Die bekommerde boere het min beweegruimte om die soektog na minerale op hul grond te keer omdat die staat die reg hou op Suid-Afrika se ondergrondse hulpbronne. Die departement se goedkeuring aan WCM om met ’n omgewingsimpakstudie te begin, kom ten spyte daarvan dat dit lyk of die kans om mangaan suksesvol in die omgewing te ontgin, skraps is.

Op ’n inligtingsessie wat op 17 Augustus op Swellendam gehou is, het WCM aan boere en ander belanghebbendes gesê dat hy die finale omvangsverslag teen 22 Junie by die departement ingedien het.

Goedkeuring is op 16 Augustus ontvang, die dag vóór die vergadering met belanghebbendes, het me. Tanja Jooste van M&S Consulting aan boere gesê. M&S Consulting, met sy kantoor in Kimberley, behartig die prospekteeraansoek namens WCM.

Met die groen lig van die departement het die mynmaatskappy nou goedkeuring om sy omgewingsimpakstudie voor te berei. Op die vergadering het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Met Dié Sonpomp Het Jy Altyd Genoeg Water
Cedar bied ’n verskeidenheid pompreekse, waaronder klein DC- (gelykstroom) pompe wat ideaal is vir veesuipings. Die Multiflow-reeks is Cedar Solar se vlagskip-boorgatpomp, wat met gelykstroom én wisselstroom (AC) kan werk. Die tegnologie in dié pompe
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc