SKONE WILDEKUS IN ENERGIEVISIER
EERS was dit “Don’t frack the Karoo”. Nou is dit “Red ons Wildekus”. Ja, die slagordes is weer opgestel vir ’n stryd tussen omgewingsgroepe en die oliereus Shell – en dié keer is ons kuslyn in die spervuur.
Die wetenskaplike gemeenskap waarsku die afgelope tyd ál dringender oor katastrofiese gevolge vir die planeet – en die mensdom – indien fossielbrandstofverbruik nie drasties afneem nie, en talle wêreldleiers het hulle onlangs tot groener energie verbind.
Maar nadat Shell ’n klompie jare gelede sy planne vir hidrobreking vir skaliegas in die Karoo laat vaar het ná sterk verset hier op eie bodem, is gas-en oliereserwes onder die waters van die ongerepte Wildekus nou in dié maatskappy se visier.
Teenstanders van Shell se beplande seismiese opnames, oftewel eksplorasiewerk, en moontlik latere ontginning, waarsku
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days