Duur kunsmis én ‘weermark’ verg slimmer planne
Wêreldwyd gaan boere gebuk onder kunsmispryse wat in Junie vanjaar rekordhoë vlakke bereik het en hul winsgewendheid kan knou, tensy hulle nuwe planne beraam om hul syfers te laat klop. Gegewe die naderende somerplanttyd plaas Landbouweekblad die kunsmisdilemma, én weerstoestande, onder die loep.
Aardgas, wat sedert die begin van die oorlog in Oekraïne skaarser en duurder geword het, is die beginpunt van die hele kunsmiswaardeketting, volgens mnr. Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA.
Volgens een van sy kollegas, mnr. Christiaan Vercueil, is hoë-energieprosesse waarin gas én olie belangrik is, deurslaggewend in die produksie én vervoer van kunsmis.
Hier is ’n paar vinnige kunsmisfeite wat die insetmark uiteensit:
■ Wat produksie betref, beklee China, Amerika, Indië, Rusland, Belarus, Israel, Marokko en Indonesië die topposisies.
■ Vier van die topproduserende lande, naamlik China, Indië, Amerika en Indonesië, is ook die wêreld se grootste kunsmisverbruikers.
■ Nóg ’n topkunsmisverbruiker is Brasilië,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days