AUSTRALIË
14-JARIGE KRAAK KODE OP NUWE MUNT
ie Australian Signals Directorate (ASD), ’n regeringsagentskap wat verantwoordelik is vir die hantering van geheime boodskappe en help om die land teen kuberkrakers te beskerm, het ’n spesiale 50c-muntstuk uitgereik om hul 75ste bestaansjaar te herdenk (sien Woord van die Week). Die spioenasie-agentskap het onthul die muntstuk het vier lae kodes wat