Huisgenoot

Studie: Medisyne verminder COVID-19-sterftes

’N GROOT Britse navorsingstudie het gewys ’n sekere soort medisyne help dat minder mense wat baie siek is weens COVID-19 doodgaan.

Dié medisyne, deksametasoon, help om inflammasie te keer. Inflammasie is wanneer jou lyf se immuunstelsel teen ’n besering of siekte baklei, wat dan pyn of swelling kan veroorsaak.

Die navorsers het die medisyne vir pasiënte gegee wat weens COVID-19 sukkel om self asem te haal en op ventilators is of ekstra suurstof moet ontvang. Sonder die middel sterf sowat drie uit elke agt pasiënte wat ’n ventilator nodig het om mee asem te haal. Maar deur deksametasoon aan sulke pasiënte te gee het net twee uit elke agt pasiënte gesterf.

Die navorsers skat dat die medisyne tot 5 000 sterftes in Brittanje sou kon gekeer het as dokters dit al van die begin van die pandemie af gebruik het.

By party baie siek mense lyk dit asof hul immuunstelsel so hard teen die coronavirus probeer baklei dat dit kwaai inflammasie veroorsaak wat die pasiënt se lyf – veral die lugweë en longe – nog seerder maak. Dit lyk nou asof deksametasoon help om dié inflammasie te keer.

Dit is ’n groot deurbraak, veral omdat deksametasoon ’n bekostigbare soort medisyne is wat wyd beskikbaar is. Dit is die eerste middel wat dit regkry

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related