![tvplusafri220630_article_030_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/7ddxvrgk8waasngy/images/fileI8IV2HBH.jpg)
Oorgeklankte telenovelles het kykers aan die gons! Die storielyne, karakters, skandale, romanse en aksie is topvermaak en dan word dit boonop alles in Afrikaans uitgesaai! kykNET & kie spog nou ook met twee oorgeklankte, Turkse telenovelles: In Die Ysterhand Se Greep en Kind Van Die Noodlot (lees meer op bl. 31). kykNET & kie se woordvoerder Herschelle Benjamin sê ná navorsing, het hulle besef oorgeklankte telenovelles is baie gewild onder Suid-Afrikaners.