Landbouweekblad

’n Kliniek ter wille van oorlewing

Binne twee jaar nadat ’n groep boere en ’n span aandeelhouers besluit het om deel van die oplossing en nie die neerdrukkende mediese statistieke te wees nie, staan ’n private kliniek skuldvry op Prieska. Boon-op het die stigters se planne nog nie opgedroog nie.

Mnr. Henry Coetzee, besproeiingsboer van Mahoebe Eiendomme-boerdery, het ’n paar jaar gelede besef daar is nie genoeg mediese geriewe en dokters op Prieska nie, veral in lewensgevaarlike situasies.

“Baie noodpasiënte moet dadelik gestabiliseer word, anders kan hulle nie ’n ambulansrit na die naaste hospitaal, wat meer as 200 km van hier is, oorleef nie.”

In 2018, ná ’n ernstige motorfietsongeluk, het hy besluit om aanvoorwerk vir ’n kliniek te begin doen.

“As dit nie was vir ’n afgetrede dokter, my seun en sy vrou, wat ’n suster is, sou die pasiënt nie oorleef het nie. Hoewel hier ’n private dokterspraktyk

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Klopjagte: Klem Skuif Van Werkers Na Boere
TWEE polisievangwaens, drie polisiemotors en twee staatsvoertuie met vyf lede van die departement van binnelandse sake. Dít is die groep wat verlede week onverwags deur Kallie du Toit*, ’n aarbeiboer buite George, se plaashekke gery het om hom en sy
Landbouweekblad5 min read
Voëltoerisme Gee Boerderye Vlerke
Toerisme kan die wa deur die drif trek wanneer natuurrampe en die politiek aan ’n plaas se winsgewendheid knaag. Voëlkyktoerisme is wêreldwyd ’n snel groeiende nismark in die ekotoerismebedryf, en plaaslik het dit ’n hupstoot gekry danksy ’n projek v
Landbouweekblad1 min read
’n Kwartmiljoen Vir 50% Van Bul
Kroon Vee Brahmane se heel eerste winterveiling, gehou op 22 Mei, was ’n reusesukses met 100%-verkope en ’n uitstekende prys wat vir ’n aandeel van die kudde se topbul behaal is. Die helfte van “die koning van Kroon Vee” is vir R250 000 aan Leon van