SA Hunter/Jagter

DIE UITGESLAPE ALLEENLOPER

Wyle dr. Lucas Potgieter het maar altyd ’n sagte plekkie vir alleenloperbulle- en ramme gehad. Veral die uitgestote ou buffel- en blouwildebeesbulle het hom na aan die hart gelê. In die meeste gevalle is die alleenlopers gewoonlik die uitgestote bulle of ramme in die trop wat moes plek maak vir die jonger, sterker en meer viriele troonopvolgers. Soms is daar egter ’n paar van die alleenlopers wat weens ander faktore nie deel van die trop uitmaak nie. Partykeer is dit omstandighede buite die alleenlopers se beheer en ander kere wil ’n mens glo hulle verkies om hul eie ding buite die trop te doen.

In die laat sewentigerjare van die vorige eeu het my pa en sy buurman ’n jagplaas sowat 55 km buite Bloemfontein in die Verkeerdevlei-distrik van die Sentraal-Vrystaat op die been gebring.

Die veld het bestaan uit tipiese ysterkliprante, klowe, vleie en grasvlaktes –die tuiste van troppe blesbokke, springbokke, rooibokke en swartwildebeeste wat gejag kon word. Destyds is blesbokke teen R2/kg (karkasgewig) en springbokke teen R50 per bok aan jagters verkoop. Rooibokramme kon gejag word teen R150 per bok.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter8 min read
Ek Het ’n Vriendin...
Ek het ’n vriendin, maar haar naam is nie Lisa soos Laurika Rauch se vriendin in die liedjie “Lisa se klavier” nie. Buiten ’n klavier, het my vriendin ook ’n plaas in Nieu-Seeland se Suid-Waikato-distrik. Ek het Karen, die vriendin met die plaas en d
SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the

Related Books & Audiobooks