Landbouweekblad

’N PLAN OM VELD EN VEE TE LAAT HERLEEF

Die droogte het groot skade aan boerderye in die veldweistreke aangerig. Noudat dit weer begin reën het, is daar hoop dat boere stelsels en praktyke wat goed vir die veld en die vee is, in werking kan stel.

Sulke stelsels en praktyke kan boerderye ook veerkragtiger maak in ongunstige toestande. Boere wat voor die droogte funksionerende kamp- en weibestuurstelsels gebruik het, sê immers die droogte het hulle eers later begin vang.

In die verlede het landbouvoorligters boere gehelp om hul plase te beplan en weibestuurstelsels uit te werk, maar deesdae moet boere dit self doen. Daar is egter hulp.

Mnr. Charl du Plessis, ’n boer van Sutherland en die Tankwa-Karoo wat voorheen ’n voorligtingstegnikus by die departement van landbou was, sê kennis van die veld en die topografie van die plaas, asook volgehoue waarneming van die vee en die veld is van die eerste stappe in die opstel van ’n weibestuursplan.

“Jy moet jou plaas se kampe kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding