Landbouweekblad

BELEËRDE GARSBEDRYF KRY VYFJAARPLAN

Die afgelope paar jaar was nie goed vir die garsbedryf nie, en die vyfjaarplan waarby die hele bedryf betrek word, gee hoop dat die situasie omgekeer kan word.

“Die garsbedryf is op ’n laagtepunt. Dit klink dalk pessimisties, maar ek glo ons kan nou die boublokke opstel om die bedryf terug te bring,” sê mnr. Jose de Kock, boer van Napier en voorsitter van Graan SA se garsspesialiswerkgroep.

Hy put inspirasie uit die verskil wat die omkeerstrategie in die koringbedryf gemaak het en hoe die kanolabedryf sy struikelblokke hanteer.

Die vyfjaarplan was sy voorstel en deel van ’n strategie om alle betrokkenes te laat saampraat.

“Die uiteinde moet ’n vyfjaarbedryfsplan wees. Dit help nie ek het ’n plan en die opbergers, die kopers, landboubesighede en boere koop nie in op die plan nie.”

De Kock sê die uitgebreide werkgroep gaan besluite neem en verantwoordbaar wees. “Dit gaan nie net ’n gepraat wees nie.”

“Die belangrikste is dat ons gereeld met mekaar kan kommunikeer oor prosesse en probleme. Daardie koördineringsrol lê by ons as boere. Ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit