Die koedoefilet in my vrieskas het my laat kopkrap. Ek wou graag iets met dié heerlike, sagte stuk vleis doen wat ’n bietjie anders is as om dit net oor die kole te braai en miskien met ’n rooiwynsous voor te sit. Filet is eintlik vreeslik veelsydig en dit het my geïnspireer om sommer twee maklike maar vingerleklekker geregte te skep. Soos die meeste wildsvleis, is ’n koedoefilet baie laag in vet. ’n Mens moet dus baie versigtig wees om dit nie oorgaar te maak nie, want dan gaan jy met die spreekwoordelike skoensool in jou bord sit – en ook trane in jou oë, want wat ’n vermorsing van ’n fantastiese stuk vleis!
Een van die beste maniere om te verseker