Landbouweekblad

MINDER STIKSTOF BY KANOLA KNOU NIE OPBRENGS

Die stikstofbemestingsriglyne wat tans vir kanola in bewaringsboerderystelsels geld, is gegrond op plaaslike riglyne vir koring in konvensionele bewerkingstelsels en riglyne in internasionale literatuur.

Dr. Izané Crous, wat in Desember haar doktorsgraad in akkerbou deur die Universiteit Stellenbosch (US) se fakulteit landbouwetenskappe verwerf het, het bevind dat organiese materiaal in die grond opgebou het ná dekades van bewaringslandbou.

“Dit het tot ’n toename in mikrobe-aktiwiteit en potensieel meer mineraliseerbare stikstof in die grond gelei.”

Die invloed van dié bron van stikstof in die grond noodsaak ’n verfyning van stikstofbemestingsriglyne om te keer dat kanola oorbemes word en ekonomiese en omgewingsrisiko’s toeneem.

In haar tesis, “Nitrogen fertilizer management strategies for canola (L.) under conservation agriculture practices in South Africa”, skryf Crous die doel van haar navorsing was om die uitwerking van verskillende peile van stikstofbemesting by kanola op biomassaproduksie, saad- en olie-opbrengs en stikstofgebruiksdoeltreffendheid

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit