Landbouweekblad

DÍt is waarom Bill Gates plaasgrond opkoop

Toe navorsers van die Amerikaanse publikasie The Land Report probeer vasstel wie onlangs byna 6 000 ha landbougrond in die opvangsgebied van die Columbiarivier in die deelstaat Washington gekoop het, was hulle uiters verbaas om uit te vind dit was die sakeman Bill Gates. Tot hul verdere verbasing het hulle later vasgestel dat dié stigter van Microsoft reeds 98 000 ha plaasgrond in verskeie deelstate van Amerika besit.

Naas die feit dat hy die derde rykste mens ter wêreld is, maak die plaasgrond wat hy besit, van hom die grootste enkele private eienaar van grond in Amerika. Dit laat onvermydelik die vraag ontstaan waarheen Boer Bill met sy boerdery op pad is.

Die kort, voortydige antwoord is dat Gates dit hoegenaamd nie oorweeg om self te gaan boer nie. Hier volg die lang antwoord.

GESONDE BELEGGINGSWAARDE

Plaasgrond was etlike dekades lank nie ’n algemeen bekende bateklas waarin finansiële beleggers belang gestel het nie. Selfs nadat alternatiewe beleggings aan die einde van die vorige eeu algemener geraak het, het slegs enkele fondsbestuurders na die landbousektor as ’n moontlikheid gekyk.

Verskeie struikelblokke het in die pad van beleggers gestaan. Die gediversifiseerde vertakkings waarvoor landbougrond gebruik word, die hoofsaaklik eenmansaakboere as eienaars en die gebrek aan deurdagte kennis oor die fundamentele waarde van plaasgrond, is maar enkeles wat opgenoem kan word.

Sedert die begin van hierdie eeu het die gety egter

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit