Landbouweekblad

Toelaes bedekte seën vir voedselvraag

Dit is geen geheim nie dat die bevolking armer word en dat honger ’n toenemende probleem word namate werkloosheid styg en ekonomiese groei stagneer.

Internasionale navorsing toon daar is drie belangrike aandrywers vir groei in die vraag na voedsel. Die eerste is bevolkingsgroei, die tweede is ekonomiese groei wat die per capita-inkomste laat styg, en die derde is die tempo van verstedeliking.

Die verloop van die faktore is baie belangrik vir die landbou, want dit bepaal die binnelandse vraag en groei na produkte .

In die geval van Suid-Afrika verloop verstedeliking teen ’n redelik vinnige tempo (na raming is meer as 70% van die bevolking verstedelik). Mense gaan soek werk en beland dan in plakkerskampe, waar hul welvaart nie noodwendig verbeter nie. Weens swak ekonomiese groei daal die per capita-inkomste, en terselfdertyd styg die werkloosheidsyfer skerp sodat dit nou 48,9% volgens die breër definisie is.

Hierdie resultate is die gevolg van ’n disfunksionele regerende party wat die afgelope dekade ’n sosialistiese ekonomiese beleidsbenadering gevolg het. Pleks daarvan om ’n beleidsverandering te aanvaar wat ekonomiese groei, investering en werkskepping ondersteun om armoede permanent te verlig,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit