Landbouweekblad

Bonsmara-stoetery sorg vir heerlike aftrede

Ná 19 jaar as hoofbestuurder van SA Stamboek het dr. Pierre van Rooyen net een plan gehad vir sy aftrede, en dit was om te boer. Toe dié tyd in 2017 aanbreek, was hy en sy vrou, Hermine, reeds gevestig op die plaas Ruste Maria in die distrik Brandfort in die Vrystaat. Hy het die laaste tien jaar van sy loopbaan by Stamboek van daar af Bloemfontein toe gery.

Op Ruste Maria boer hy op 420 ha met sy Rooyberg Bonsmara-stoetery, of, soos hy dit noem, sy “aftreestoetery”.

“Ek geniet my ‘aftreeplan’ baie,” sê hy oor ’n koppie koffie en varsgebakte melktert terwyl reën genadig buite val. “As ’n mens op hierdie ouderdom geseënd is met gesondheid, hoekom nie? Wat gaan jy met jouself ná ’n bedrywige professionele lewe in ’n meenthuiskompleks doen?”

Hermine help met kantoorwerk en kom graag saam met hom in die veld. “Dis belangrik dat jy ’n vrou het wat jou ondersteun en saam met jou geniet wat jy doen. Dis die geheim van ons gelukkige aftrede.”

Benewens die boerdery hou hy hom besig met ander landbousake. Hy is onder meer betrokke by die georganiseerde landbou en is ook ’n senior Bonsmara-keurder. Verder doen hy werk vir telersgenootskappe wat by hom kom aanklop om hulp met onder meer hul grondwette.

’N VER

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter