Boerewors – is daar ’n meer ikoniese Suid-Afrikaanse skepping? Eie aan ons mense, is daar ook soveel opinies en resepte vir die maak van boerewors soos wat daar politieke partye is. Hierdie een sweer by koljander en daardie een by lamsvet. Ek het ’n bietjie met Suid-Afrika se bekendste braaier en passievolle boereworsmaker, Jan Braai, oor die geheime van ’n lekker wors gesels.
“Vir my is ’n uitstekende speserymengsel die sleutel tot sukses. En jy moet die verhouding van vleis tot sout regkry, anders het jy wors wat laf proe, of té sout,” sê hy. My plaaslike slagter, Braam Lintvelt van Coal Café Butcher Liquor in Honeydew (’n restaurant, slagter en drankwinkel ineen), maak ook heerlike wors en sê dis ’n baie persoonlike proses. “Elke