Landbouweekblad

‘Vergeet jou ego . . . Dit gaan oor mense en geleenthede’

M nr. Jan le Roux se grootste passie is om geleenthede te skep vir mense. Hy is die uitvoerende hoof van die Le Roux Groep en die Landbouskrywers SA se nasionale Boer van die Jaar vir 2021.

“Ek gee graag vir mense geleenthede, selfs al is daar nie ’n waarborg dat hulle by ons besigheid gaan aanbly nie.”

Om sulke geleenthede vir ander te kan skep, moet ’n mens eers ’n vooruitstrewende, suksesvolle besigheid hê. Le Roux het só ’n besigheid oor die afgelope 40 jaar opgebou ondanks enorme kwessies, soos toe sy hele steenvrugtepakhuis gedurende die 2012-onluste deur brandstigters vernietig is.

Hy het op die Mooikelder-wynplaas in die Paarl grootgeword. Sy oupa, mnr. FPS le Roux, het dit in 1913 gekoop en hoofsaaklik met wyndruiwe geboer. Le Roux se pa, Joel, en van sy medeboere het Boland Kelder gestig, wat in 1945 Mooikelder se wynmaakbedrywighede oorgeneem het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred

Related