Toe ek ’n kind was, was ’n schnitzel met kaas en ’n sampioensous by een van ons bekendste familierestaurante vir my die grootste bederf. Ek is steeds baie lief vir ’n schnitzel – wat is dan lekkerder as ’n sagte stukkie vleis, toegevou in ’n bros laag krummels en voorgesit met ’n sous wat ’n mens se mond sommer nog meer laat water?
Ek het al self schnitzels gemaak, meestal van hoendervleis, en dit was elke keer ’n treffer by my gesin. Toe ’n (lendestuk) onlangs oor my pad gekom het, het die idee vir ’n schnitzel met dié vleis by my opgekom ná ’n gesprek met my niggie wat nie die grootste wildsvleisliefhebber is nie. Sy vertel sy het eenkeer in ’n restaurant (tot groot verbasing