SA Hunter/Jagter

Wanneer is‘n kind oud genoeg?

Natuurlik sal ’n entoesiastiese jagter sy passie vir jag met sy kinders wil deel. Die groot vraag is egter: Wanneer is die tyd ryp?

Stadig nou! Dit is belangrik om eerstens te besef dat jou kind nie noodwendig ’n ontluikende jagter is, wil wees, of hoef te wees nie. Net soos sommiges sportief is en ander nie, is party gebore jagters terwyl ander ongemaklik is daarmee. Gee jou kind dus die blootstelling, maar moenie ’n geweer in sy hande forseer net omdat dit jou eie belangstelling is nie.

GEREEDHEID

Ouers verwag gewoonlik ’n kitsbeslissing as hulle vra wanneer ’n kind gereed is om te jag. Die antwoord is egter veel ingewikkelder as bloot ’n spesifieke ouderdom.

Ja, die kind moet sekerlik oud genoeg wees om ’n geweer sélf met die nodige veiligheid en behendigheid te kan hanteer en akkuraat te vuur, maar sy emosionele volwassenheid is net so belangrik.

Met die realistiese elektroniese speletjies waaraan kinders blootgestel word, raak die sprong van speelskiet na werklik skiet gevaarlik smal. Waar die rekenaar egter agterna afgeskakel kan word, is dit nie die geval met die werklikheid nie. Die kind moet oud genoeg wees om die erns en implikasies van jag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter8 min read
Die Windbuks As Leermeester
In die gejaagde, moderne era waarin ons vandag lewe, is daar dikwels nie tyd vir die outydse nie, en, wil ’n mens sommer byvoeg, die regte manier van dinge doen nie. Om ’n holruggeryde cliché te gebruik, ons leef in ’n kits-era. Van kitskoffie, kitsp
SA Hunter/Jagter2 min read
’n Gids Tot Nalatenskap En Boedelbeplanning Vir Die Jagter
Die artikel is voorsien deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente as trotse borg van ons Nasionale Presidentskietkompetisie in samewerking met die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. By Eksekuteurs vir Boedels en Testamente waardeer ons die bel

Related Books & Audiobooks