SA Hunter/Jagter

GUN JOUSELF DIE GELEENTHEID

Wanneer die jaar draai, is ons gewoonlik druk besig om al ons eie jagte uit te sorteer en seker te maak dat alles iewers in die begroting en op die kalender pas. Só kyk ons maklik mis dat daar dalk iemand naby aan ons is wat ook graag wil jag of begin jag, maar om die een of ander rede nie kan nie.

As gevestigde jagters put ons soveel uit ons eie jagervarings dat dit amper onmenslik is om te dink ons kon iemand gehelp het om ’n eerste bok te skiet, maar dit nie gedoen het nie. Ons kan dikwels help met die struikelblokke wat in voornemende jagters se pad staan. Soms is dit die gebrek aan ’n jaggeweer, skietbaan of plaas om op te oefen, of ’n jagbestemming. Ander kere is dit bloot ’n gebrek aan kennis wat veroorsaak dat die persoon nie weet waar om te begin nie. Natuurlik is daar ook jagters in hul herfsjare wat vir oulaas ’n bokkie wil gaan plattrek, maar nie meer die fisieke vermoë het om dit alleen te doen nie.

MAAK ’N VERGUNNING

Om vandag ’n jaggeweer, monterings, ’n teleskoop en genoeg ammunisie te koop om aan die gang te kom, beloop ’n aardige bedrag. Ouers wat nie self jag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit
SA Hunter/Jagter4 min read
Snelvuur
Just recently, the IUCN (International Union for Conservation of Nature) downlisted the scimitar-horned oryx (Oryx dammah) from Extinct in the wild to Endangered. Thanks to the work done by the Environment Agency of Abu Dhabi, the scimitar-horned ory
SA Hunter/Jagter8 min read
Buying A Used Double Rifle Part II
Under the heading of “Quality”, factors such as action type, engraving, wood quality and overall fit and finish come into play. Arguably, the two most important factors in the longevity of any firearm are the quality of the original materials used an

Related Books & Audiobooks