ASEMROWEND AFRIKA
VLIEG IN DIE OOG
Chobe Nasionale Park, Botswana
Dié foto is as die algehele wenner aangewys, en die beoordelaars was vol lof vir die fotograaf se tegniese vaardigheid en tydsberekening. ’n Speelse leeuwelpie maak sy pa briesend toe hy aan hom stamp, en met perfekte tydsberekening sluit die sluiter net toe ’n vlieg voor die leeu se pupil verbyvlieg.
“Die kleur en kontras skep ’n atmosfeer wat die leeu se tasbare woede versterk,” sê die beoordelaars. “Soos met soveel goeie natuurfoto’s het geluk ’n groot rol gespeel toe die vlieg toevallig op die regte tyd in die raam opduik.”
DIS foto’s wat elk jaar se Africa Geographic-fotograaf van die jaar-kompetisie vasgevang. Die wenners is uit 25 000 inskrywings gekies en moes elk ’n storie uitbeeld, ’n emosie opwek en die wese van die vasteland weergee. Hier is ’n keur van die pragfoto’s waarvan ’n paar in Suid-Afrika geneem is.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days