SA Hunter/Jagter

HOE OM MET MIN GELD TE BEGIN HERLAAI – DEEL 2

Met fabrieksammunisie word ’n geweer se akkuraatheidspotensiaal dikwels nie bereik nie. Soms is pasmaakammunisie, wat spesifiek vir daardie geweer ontwikkel en gelaai word, nodig om die geweer se potensiaal ten volle te verwesenlik, hetsy vir jag of kompetisieskiet. Kom ons begin daarom met die lekker deel, die herlaai of selflaai van ons eie patrone.

SKUIFPASSER (VERNIER)

Die meeste patroonmates kan met bykans enige skuifpasser (vernier) gemeet word, hetsy meganies of elektronies. Die elektroniese tipes het egter die voordeel dat dit makliker is om die mates daarop af te lees, en dit meet ook in beide duim en millimeter. Baie mates vir herlaai word tradisioneel in duime aangedui, en dis makliker om in duim te meet as om somme te maak vir omskakeling.

Elektroniese skuifpassers wat self afskakel, is handig, want die battery hou nie lank as ’n mens die apparaat aan vergeet nie. Pasop dat jy nie tydens meting die kake onnodig hard toedruk nie – dit kan lei tot foutiewe lesings. Pas dus matige en konstante druk tydens meting toe. Dis ook goed om die komponent wat gemeet word rond te wikkel om seker te maak dat dit wel sy lê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
SA Hunter/Jagter
TYDSKRIF-NAVRAE 084-554-0611 (kantoorure) WEBTUISTE www.sajagterhunter.com LEDE-NAVRAE 012-808-9300/082-848-8547 REDAKSIE WAARNEMENDE REDAKTEUR Fred Camphor PRODUKSIEREDAKTEUR Elfriede Ainslie (Taalversorging) KUNSREDAKTEUR Marthie van
SA Hunter/Jagter4 min read
Uit Die Blou Van Onse Hemel
Toe ek kind was, het daar in elke respektabele plaashuis ’n lugfoto ge-hang. So ’n skuins skoot oor die werf, met die woonhuis en die hoenderhok en die waenhuis en ’n paar omliggende lande. In swart en wit geneem, en agterna met die hand ingekleur om
SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the

Related Books & Audiobooks