DIE WEER-PROBEER-WATERBOKBUL
Die terugskop van die Sako Finnbear .300 Winchester Magnum veroorsaak dat ek vir ’n oomblik nie deur die teleskoop kan sien nie. My volgende gewaarwording is die groot waterbokbul wat deur die takke breek en nie neerslaan soos wat ek verwag ná ’n tipiese hart/longskoot nie. Ten spyte van die spanning merk ek op hoe komieklik die bok lyk met sy bene wat te kort vir sy lyf blyk te wees. Dan is hy weg tussen die bosse.
Ek is moeg ná kilometers se stap; die bok het my verras, maar ’n bladskoot uit die vuis op 30 meter behoort roetine te wees. Twee bloeddruppels in die stof, hardloopspore wat later onmoontlik raak om op die harde grond te volg en die digte terrein bevestig wat ek nou vrees – ek het ’n bok gekwes! Die gebeure speel oor en oor in my gedagtes af. Die .300 WM is akkuraat, die Bushnell LRHSteleskoop se vergroting was op sy laagste gestel en die beeld duidelik. Ek is seker die kruishaar was laag op die regtervoorblad, of was dit? Skynbaar nie!
Terug by die Land Cruiser kry ek net vraende, of dalk beskuldigende, kyke. Ek gaan sit eenkant – ek moet eers dink en ’n bietjie water drink. Ek probeer elke jaar ’n ander kaliber en geweer gebruik, ’n kombinasie wat ek glo geskik is vir die terrein op Okatjeru. Dié jaaruitlaatstelsel. Dié Sako’tjie raas net soveel soos die 12 duim-luidsprekers van daardie dubbelkajuit. Dan dra hy ook die bekende stigma van ’n Win Mag, met ander woorde hy maak twee keer seer – eers voor en dan agter.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days