Weg!

WOEMA VIR JOU AVONTUUR

GoPro Hero8 Black

Held van jou eie video-verhaal

Kyk, dis moeilik om te glo daar was eens ’n tyd waar jy nié ’n kontrêpsie aan jou bors of valhelm kon vasmaak en jou vernuf oor die bulte vir die YouTube-wêreld verewig nie. Die eerste GoPro Hero het al 15 jaar gelede sy verskyning gemaak. Sedertdien het dié buksiekamera met sy nabyskote, maar steeds met lekker wyehoekbeelde, ’n alledaagse (en broodnodige) deel van ons lewens op die fiets en sosiale media geword.

Die jongste weergawe, die Hero8 Black, is sekerlik die beste aksiekamera tans op die mark. Dis die kleinste ontwerp nog, hy pas in enige hemp- of broeksak, en kan danksy ’n vernuftige klampmeganisme aan feitlik enige raam of oppervlak geklamp word. Daar’s deesdae ook ’n rits bykomende toerusting (flitse, mikrofone) om daai videogreep woema te gee. ’n Ingeboude stabiliseringsmeganisme gee jou video’s Steven Spielberg-gehalte, en die stadige aksie-funksie sal jou soos Danny MacAskill laat lyk al hop jy net oor die sypaadjie.

Soos ’n goeie skoolhoof kan jy die kamera nou ook), en stof en modder maak hom nie skrik soos met jou slimfoon die geval is nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv