DIT IS ALS IN DIE GENE
‘Daar is altyd die kommer dat ek ’n dr. Frankenstein kan wees’
TOE Jennifer Doudna wakker word, besef sy haar foon is al ’n ruk lank aan die gons. Dis nog donker buite haar huis in Kalifornië. Haar foon wys trouens dis drieuur. Sy dink glad nie daaraan dat dit al middag is in Stockholm, Swede, nie.
Sy antwoord die foon. In die waas van wakker word, sê sy, het sy geen benul gehad waarom die wêreld so graag met haar wou praat op so ’n vreemde tyd op die eerste Woensdag in Oktober nie.
“Dit was ’n verslaggewer van die tydskrif Nature. ‘Jammer om jou so vroeg te pla,’ het sy gesê. ‘Ek wil graag hoor wat jou reaksie op die Nobelprys is.’ Ek het gedink sy vra my oor iemand anders wat gewen het. Ek het gesê: ‘Ek weet nie. Ek het pas wakker geword.’ ”
Anders as met byna alle ander wetenskappryse word daar eers op die oggend van die bekendmaking oor die Nobelpryse besluit. As die komitee nie die wenners binne ’n uur kan bereik nie, kondig hulle dit nietemin aan.
In Swede het die Nobelkomitee reeds Jennifer se sitasie voorgelees. As sy geluister het, sou sy gehoor het sy deel die prys met die Franse wetenskaplike en haar jare lange medewerker Emmanuelle Charpentier, “vir die ontwikkeling van ’n metode vir genoomredigering”.
’n Ander manier om hul werk te beskryf – werk wat waarskynlik vinniger as enige ontdekking in die geskiedenis ’n omwenteling in genetika teweeggebring het – is dat dit die mensdom die mag gee om sy eie evolusie te beheer.
“O my aarde!” sê die verslaggewer en besef sy het pas die nuus bekendgemaak. “Jy weet
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days