KOEDOEJAG OP MY VERJAARDAG
Terugflits na 1993… Geluidloos kruip hy wind-op nader, elke sintuig ingespan om uit te maak wat in die skaduwee van ’n koedoebessie oorkant die kloof staan. Min het my pa geweet dat hy bykans 30 jaar later die ervaring op ons bosveld-plaas sou herhaal...
9 APRIL
Dis 2020, dis grendeltyd, die universiteit is vir wie weet hoe lank gesluit en ek kry pasellatyd op ons plaas buite Nylstroom in die Bosveld. Dis lekker om weer by die huis te wees en ek en my pa maak gereed vir my groot verjaardagjag. My Tikka .30-06 skiet raak, die bakkie is gereed, en die padkos is gepak. En natuurlik die ammunisie – handgelaaide 178gr Hornady ELD-Xkoeëls (2 682vps).
My pa deel ’n paar van sy eie jagstories en ek kan my opgewondenheid nie meer beteuel nie. Ek sukkel om te slaap, maar skryf
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days