Huisgenoot

Pret met pannekoek

KARRINGMELKPLAATKOEKIES MET DALGONAKOFFIEMOUSSE

Ons rond hierdie lekkerny af met ’n prettige sosialemediatrend genaamd dalgonakoffie – ’n donsige en maklike koffiemousse.

LEWER SOWAT 16 KOEKIES

BEREIDING: 20 MIN.

RUS: 30 MIN.

GAARMAAK: 30 MIN.

PLAATKOEKIES

500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
30 ml (2 e) suiker
500 ml (2 k) karringmelk of
amasi
2 eiers, geklits
5 ml (1 t) vanieljegeursel
’n bietjie olie, vir braai

DALGONAKOFFIEMOUSSE

15 ml (1 e) kitskoffie
15 ml (1 e) suiker
15 ml (1 e) kookwater

VIR VOORSIT

stroop of heuning (opsioneel)

1 Plaatkoekies Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n mengbak. Voeg die suiker by en meng liggies deur. Klits die karringmelk of amasi, eiers en vanieljegeursel saam in ’n beker en giet dit by die meelmengsel. Klits tot goed gemeng en sonder klonte. Laat die beslag minstens 30 min. staan.

2 Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan, skep lepels vol van die mengsel in die pan en braai tot goudbruin aan albei kante en gaar. Herhaal tot al die beslag afgebak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related