Landbouweekblad

Skaapuitvoer: Reuse-kans vir Suid-Afrikaanse boere

Suid-Afrika het van die wêreld se gesogste rooivleis, maar uitvoerpogings word deur ’n verskeidenheid faktore, onder meer biosekerheid, aan bande gelê. Die uitvoer van lewende skape na die Midde-Ooste het ’n paar onstuimige maande agter die rug. Mnr. Ilyaas Ally, besturende direkteur van Al Mawashi Suid-Afrika, dr. Frikkie Maré, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, en dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan SA, beantwoord Landbouweekblad se vrae oor wat dié geleentheid vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf beteken.

Van watter lande voer julle diere lewend uit en waarom uit Suid-Afrika?

Ilyaas Ally (IA): Al Mawashi Suid-Afrika is ’n filiaal van KLTT, ’n lewendehawe-handel-en-invoermaatskappy wat genoteer is op die Koeweit-aandelebeurs met die doel om voedselsekerheid in verskeie Midde-Oosterse lande te verseker. Australië is KLTT se hoofbron van invoer van lewende skape en Suid-Afrikaanse uitvoer het in 2019 begin. Die gehalte van Suid-Afrikaanse vleis het die Midde-Ooste beïndruk en dryf tans goeie vraag. Verbruikers daar verkies die goeie, sagte vleis wat Suid-Afrikaanse boere verskaf. Australiese vleis is nie gewild onder verbruikers nie. Die hoëgehalte-vleis is ook te danke aan die gehalte-voer in die voerkrale.

Baie boere het groot waardering vir wat Al Mawashi probeer doen. Ervaar julle dit so?

IA: Ons hoop ons werk en bydrae tot die landbou het ’n gunstige impak op boere, die waardeketting en veral die gemeenskappe op voetsoolvlak. Die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Pryse Bestendig
Die mark bly stabiel. Warmer weer en goeie reën help om weiding te verbeter. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe