Landbouweekblad

Tegnologie takel landbouprobleme

Israel is wyd buite sy grense bekend om die indrukwekkende tegnologie wat daar ontwikkel word. Ook vir die landbou word daar talle oplossings in dié land geskep. Op ’n onlangse webinaar deur die Israelse handelskantoor en die varsproduktebemarkingsvereniging (PMA) is ses nuwe ontwikkelings, spesifiek op boere gerig, bekend gestel.

DATA (UITEINDELIK) ALLES OP EEN PLEK

Deesdae het boere toegang tot elke moontlike stuk tegnologie onder die son, maar elkeen het sy eie databasis en formaat.

“Boere bestee so baie tyd daaraan om data te oes, maar hul opbrengs is eintlik maar min,” het mnr. Sagi Pinkas, hoofbestuurder en stigter van Geshem GIS Management for Agriculture, gesê.

Dit is waarom Geshem daarop konsentreer om ’n platform te skep wat met ’n verskeidenheid presisielandbouprodukte werk vir ’n wye reeks landbougewasse – van wingerde tot piesangs.

“Alles is verbind met mekaar, dit kom in een boks en het een skerm, en, die belangrikste, dit is in een enkele formaat. Ons meen immers die sleutel tot presisielandbou is sentrale boerderybestuursagteware met ’n GIS-basis (geografiese inligtingstelsel).”

Pinkas het gesê die gemene deler van bykans alle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad3 min read
Kalender
5-7 JUNIE: Agbiz-kongres. Sun City-konferensiesentrum. E-pos: temba@agbiz.co.za 12-13 JUNIE: Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres. Tel. 041 365 5030, web: nwga.co.za 25-27 JUNIE: Africa Agri Techkonferensie. CSIR-konferensiesentrum, Pretoria. Tel.

Related