DIE VOORREGTE VAN ’N VELDKIND
Die geklop op die bakkie se dak laat my die voertuig vinnig in ’n stofwolk tot stilstand bring.
“Pappa kan ons sommer hier aflaai,” sê my seun Pietman en spring ligvoets van die bak af terwyl Kirk die ongelaaide geweer vir hom aangee en daarna self met ’n jeugdige sprong langs hom in die pad land.
“Come on, Debon, hurry up,” beveel Kirk sy jonger broer wat nie baie ywerig lyk om die Vrystaatse klowe en rante te voet aan te durf nie en effens te lank na sy sin neem om van die bakkie af te klim.
Skielik wonder ek of ek die regte ding doen om dié twee Engelse seuns aan my seun se sorg toe te vertrou. Hy gaan al van voorskooljare saam met my jagveld toe, maar het hy genoeg deur my voorbeeld geleer om » » verantwoordelik in sy pa se afwesigheid op te tree en nie windmakerig voor kuiergaste uit die stad te wees nie?
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days