Rapport

Burre het skenkings aan boere ‘verkoop’

Burre Burger, die groentesmous van die Weskus wat landwyd bekend geword het vir sy droogtehulp aan boere, word daarvan beskuldig dat hy uitgemergelde boere uitbuit deur geskenkte voer aan hulle te verkoop.

In ’n wekelange ondersoek het Rapport met talle boereverenigings en individuele boere gepraat wat vertel het van bloutjies wat hulle met Burger geloop het wat blykbaar gou op die f-woord terugval as daar ’n rusie is.

Baie van die boereverenigings sê hulle weier om ooit weer met hom te werk of hulp van hom te aanvaar.

Burger ontken die aantygings.

In die mees skreiende geval is mielieboere van die Oos-Vrystaat genoop om Burger te konfronteer nadat hulle uitgevind het dat hy na bewering die bale voer en mielies wat hulle vir hul sukkelende medeboere in die Klein-Karoo geskenk het, aan hulle verkoop het.

“Ons is verskriklik ongelukkig, want ons kry ook self swaar,” het Palm Maree, voorsitter van die boerevereniging gesê oor die bloutjie wat hulle twee jaar gelede met Burger geloop het. Hy sê hulle weier nou om met hom saam te werk.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Dié ‘Raponsie’ Lugtig Vir ’n Skêr
Sedert haar hare kort geknip is in gr. 1 weier Danya Zwiegelaar van Wellington om haar Raponsie-agtige lokke weer te sny. Haar ma, Yolanda, sê sy het soos ’n seuntjie gelyk met die kort hare en nou, byna ’n dekade later, hang dit 134 cm en verby haar
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa