Kuier

HUL KINDERS, HUL LEWE

“Toe ek daai eerste keer my kind se hartklop hoor, het ek geweet ons is geseën.”
JODY ABRAHAMS

Een is ’n nice guy – altyd reg met ’n glimlag, sy kitaar en gereed om te braai. Die ander een is ’n biker wat al lankal die wag voor sy mond weggejaag het en wat mal is oor bier en vroue. Al is hulle wêrelde uitmekaar, kan Arendsvlei-kykers nie wag om te sien wat dié twee volgende gaan doen nie. En in die regte lewe verskil Sherman Pharo (Thys Cupido) en Jody Abrahams (Lionel Foster) ook hemelsbreed. Maar, as daar een ding is waaroor dié twee saamstem, is dit hoe vaderskap hul lewens verander het.

“Ek wou nooit eens ’n pa gewees het nie. Die hele familie-en-kindersding was nooit in my plan nie. Dit het my heeltemal onkant gevang,”erken Jody (46), pa van Olivia Rose (10) en Thomas (7).“Maar toe ek daai eerste keer my kind se hartklop hoor, het ek geweet ons is geseën en ek is nou vir die res van my lewe vir haar verantwoordelik. Ek was toe uiteindelik dapper genoeg om die drake weg te jaag…”

Ouerskap het verseker sy fokus en sy waardes verander. “My lewe was nooit vir my belangrik nie. Ek het kanse gevat en gedoen wat ek wou. Maar toe ek pa word, het ek besef ek kan nie net uitgaan, vinnig ry en impulsiewe dinge doen nie, want ek is nou verantwoordelik vir my gesin.”

LEWE VIR SY GESIN

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Laat Kollageen Só Vir Jou Werk
Ai, as daar maar net ’n pilletjie was wat kon keer dat ek ouer begin lyk. Dalk het jy al voor die spieël gestaan en dié woorde gedink. Kollageen is dalk net dié wondermiddel, as jy die bekendes en influencers kan glo. Sommige vertel dit help onder me
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 314 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: CORRIE HANSEN, SHARON SERETLO EN INSTAGRAM/@LAURIKARAUCH ■

Related