Finweek - Afrikaans

BUITELANDSE BELEGGING NÁ DIE VERPLETTERING

wanneer markte ineenstort, en daarna ietwat herstel, is die groot vrae wat beleggers sal vra wat hulle tydens die verplettering moes gedoen het en wat hulle moet doen wanneer dit verby is.

Die koronavirus-pandemie het ’n verwoestende uitwerking op internasionale aandele- en vaste-inkomstemarkte, met onsekerheid oor die toekomstige ekonomiese gevolge wat net tot beleggers se angs bydra. Een brokkie universele advies van verskeie fondsbestuurders staan egter duidelik in dié onstuimige tyd uit: Bly by jou oorspronklike beleggingstrategie.

Waar die strategie blootstelling aan buitelandse bates – aandele of effekte – insluit, geld dieselfde raad.

“Die grondslag van enige beleggingstrategie begin met die regte langtermyn-struktuurwat op jou tydsraamwerk en risikoprofiel gegrond is,” sê Anet Ahern, uitvoerende hoof van PSG Asset Management. “As dit van meet af aan ontoepaslik was, is dit veel moeiliker om die huidige situasie te hanteer.”

En die huidige situasie is inderdaad moeilik. MSCI se wêreldindeks, wat 1 643 aandele in 23 ontwikkelde lande naspoor, het sedert begin vanjaar met tot 31,8% gedaal voordat dit met 24,3% herstel het vir ’n daling van 15,2% vir die jaar sover by die skryf hiervan (lees die tabel op bl.31).

MSCI se indeks vir ontluikende markte, wat uit 1 404 aandele in 26 ontwikkelende lande bestaan, het tydens die aanvanklike verkope sedert begin vanjaar met 32% gedaal en daarna met 16% herstel vir ’n opbrengs van -21,1% vir die jaar tot dusver.

Dit is egter algemene indekse, en die meeste fondsbestuurders volg ’n maatskappyspesifieke benadering tot aandeelkeuse. Soos in enige portefeulje is dit wys om ’n soort beskerming te hê teen uitermatige markgebeure, soos die huidige koronavirus-pandemie.

Dit lyk of

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans1 min read
Finweek - Afrikaans
Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo,
Finweek - Afrikaans4 min read
Bou ’n Klimaatbestande Onderneming
voordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pan
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr

Related