DIE KRAG VAN ONS DROME
Met elke droom het ek ’n bietjie beter voorbereid gevoel
NIE so lank gelede nie het ek ’n reeks vreemde drome gehad wat uitdruklik verwys het na ’n naderende geleentheid waaroor ek angstig was. Ek is as vegetariër grootgemaak, en die eerste twee en ’n half dekades van my lewe het ek – sover ek weet – geen enkele stukkie vleis of vis geëet nie.
Ek het my asem opgehou terwyl ek by vleisrestaurante verbyloop. Op hoërskool het ek ’n kêrel sy tande laat borsel nadat hy voor my vleis geëet het. Maar nadat ek vleis byna ’n kwarteeu lank versigtig vermy het, het ek besluit ek het genoeg gehad. Ek het nooit werklik enige ideologiese regverdiging vir my dieet gehad nie en het geen spesifieke affiniteit vir diere gehad nie – my dieet was bloot op ’n ingewortelde gewoonte gegrond.
Ek was moeg vir dié irriterende beperking wanneer ek op reis was en ook daarvoor om vriende en gashere te verontrief.
En ek was nuuskierig oor wat ek dalk misloop.
My vriende het ’n vleispartytjie beplan om my in die geledere van die omnivore te verwelkom. Taco’s met vis, het hulle beloof, sou my ’n ligte voorsmaak van die wêreld van
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days