Huisgenoot

GEREED VIR DIE ERGSTE?

SOOS in ’n onheilspellende stilte voor ’n donderstorm met alle geweld losbars, het strate leeggeloop, ondernemings hul deure gesluit en Suid-Afrikaners hulle in hul tuistes teruggetrek.

Maar terwyl mense landwyd 21 dae lank ingeperk is in ’n poging om die verspreiding van die gevreesde coronavirus te probeer stuit, staal medici hulle vir ’n verwagte stortvloed pasiënte met simptome van COVID-19 wat op plaaslike hospitale kan toesak.

En in hul gemoed brand die vraag: As ontwikkelde lande soos Amerika, China en Italië oorweldig is deur ’n magdom pasiënte wat mediese hulp nodig het, hoe gaan Suid-Afrika met sy brose gesondheidsorgstelsel die mas opkom?

“Senuweeagtig, angstig en bang,” beskryf dr. Leonel de Caires van Kaapstad sy emosies. “Dit is soos om op die strand te staan en te kyk hoe die gety drasties terugtrek en te weet ’n tsoenami gaan jou tref. Almal hardloop weg en jy moet vasstaan met opblaasvlerkies en ’n hart wat bokspring in jou bors.”

Hier aan die suidpunt van Afrika waar die virussiekte COVID-19 ons later as China, Europa en Amerika getref het, het ons al die foto’s en beeldmateriaal gesien van oorvol hospitale, uitgeputte dokters en verpleegsters en veldhospitale wat soos sampioene opskiet.

In ’n land waar siektes soos MIV/vigs en tuberkulose reeds derduisende se immuniteit verswak het, kan ons ons regmaak vir ’n ongekende epidemie as die verspreiding nie bekamp word nie, voorspel dr. Neville Vlok van die Netcare

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe