Landbouweekblad

Boer deel oorloopbeker met ander

Ultrahoëdrukbeweiding is nes saamgestelde rente al die agtste wonder van die wêreld genoem. Dit is boonop ’n manier om in die tyd van droogte, hoë insetkoste en die koronavirus meer volhoubaar met ’n groter inkomstebron te boer én jou voorspoed met ander te deel.

Mnr. Gideon Oosthuizen van die plaas De Beerskraal naby Rysmierbult in die distrik Ventersdorp in Noordwes boer sedert 1990 saam met sy pa, Piet, en oom Deon op die familieplaas. Daardie jare het hy ’n melkery gehad en die veld is deur ’n stuk of honderd kommersiële vleisbeeste benut.

In 2002 het hy die melkery weens die lae melkprys verkoop en die boerdery met vleisbeeste begin uitbrei.

“Ek moes die hele plaas beter benut, maar het nog nie mooi geweet hoe nie. Op ’n dag vertel iemand my van Johann Zietsman se kursus oor ultrahoëdrukbeweiding,” sê Oosthuizen. Zietsman was in daardie stadium reeds bekend vir sy vernuwende denke oor beesboerdery en doeltreffende aanwending van veld met drukbeweiding.

Oosthuizen het een van sy kursusse bygewoon. Dit het sy hele benadering tot beesboerdery verander. Hy pas sedertdien ultrahoëdrukbeweiding toe, wat ’n swaarder veebelading as hoëdrukbeweiding behels. Die tipe en toestand van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad3 min read
Kalender
5-7 JUNIE: Agbiz-kongres. Sun City-konferensiesentrum. E-pos: temba@agbiz.co.za 12-13 JUNIE: Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres. Tel. 041 365 5030, web: nwga.co.za 25-27 JUNIE: Africa Agri Techkonferensie. CSIR-konferensiesentrum, Pretoria. Tel.