Só werk SA se eerste slimplaas
![landbouza200320_article_038_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/4xw0713zsw7p1g2j/images/fileZ24R2QXC.jpg)
Daar is geen plek vir middelmanne in die boerdery en landboubesighede wat deur die Suid-Afrikaanse Boer van die Jaar vir 2019, mnr. Nick Serfontein van Edenville in die Noord-Vrystaat, opgebou is nie. Daarom dek sy Sernick-groep die hele waardeketting – van die veld tot die vurk.
Om sy beheer en bestuur opgeskerp te hou, stel Serfontein die beste, beskikbare tegnologie op sy plaas en in verwante landboubesighede in werking om sy digitale verbindings tot op die hoogste vlak te neem. Waar die tegnologie nie doelmatig of beskikbaar is nie, laat hy stelsels ontwikkel wat aan sy behoeftes voldoen. Die Sernick-groep het tans ’n omset van R1,5 miljard per jaar, verskaf werk aan 615 mense en het impak op 14 500 mense. Die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days