Landbouweekblad

Differensiaal vir sojabone?

Die nuwe produksiejaar vir sojabone begin op 1 Maart.

Besluite van die JSE oor

óf en op watter manier liggingsdifferensiale vir sojabone ingestel gaan word, gaan sojaboonboere se sak raak.

Die produksie van sojabone in Suid-Afrika was in 2002 ongeveer 100 000 ton. Dit het sedertdien uitgebrei tot meer as 1,5 miljoen ton in 2018.

’n Sojaboonkontrak op die JSE kan vereffen word deur middel van fisieke lewering. Enige markdeelnemer wat ’n sojaboonverkoopopsie het, kan dit in die leweringsmaand aan enige JSE-geregistreerde sojaboonsilo vir die verkoop daarvan aanbied.

In die geval van mielies en ander graan word die liggingsdifferensiaal van die silo waar lewering plaasvind, van die oorspronklike verkoopprys afgetrek. Daar is nie ’n liggingsdifferensiaal vir sojabone nie en die prys is oral dieselfde.

Die rede is met die instelling van die kontrak was die produksie én die verwerking van sojabone in ’n betreklik klein gebied in die ooste van die land gesentreer.

Die geografiese produksie-uitbreiding (veral weswaarts) van sojabone het intussen tot leweringsprobleme ten opsigte van die JSE se sojaboontermynkontrak gelei. Die omvang daarvan was sodanig dat dr. Matt Roberts, landbou-ekonoom by die Kernmantle-groep (’n konsultantemaatskappy oor graanbemarking in Amerika), met sy jongste ondersoek na liggingsdifferensiale aanbeveel het dat die stelsel ook na sojabone uitgebrei

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.