Plantmaats… Foefie of fantastiese fnuikplan?
In my ma se tuin in Kaapstad is’n groot bedding waar veelkleurige spinasiebeet en statige krulkool tussen een-en meerjarige blomplante floreer. Hier land en styg die bestuiwers in hulle hordes op, kompleet soos op O.R. Tambo.
Uie, artisjokke en eiervrugplante is ewe gelukkig in dié mooi randbedding waar heuningblommetjies en tiemie die prentjie afrond. Ertjies klouter teen die tipistellasies uit wat my ma in potte in die bedding staangemaak het (om meer gryswater te kry) en later in die seisoen, digby die sonneblom-langerate, vat die potte tamaties oor. Pers basilie gedy, en’n hanetree weg lok die plakkies (Cotyledon orbiculata) suikerbekkies en tiptolle. En as jy mooi fyn kyk, sal jy dalk selfs’n verkleurmannetjie gewaar met een of albei kraalogies stip op’n sappige gevlekte vrugtekewer.
Dít is die plantmaats-konsep op sy oproerige beste!
Wanneer ek my tuinontwerp-en tuinmaakhoed op het (ek het’n hele paar hoede…), maak ek dikwels nuwe tuiniers touwys oor hoe’n mens plante kweek – veral die eetbare soort. Een van die vrae wat ál gereelder opduik namate tuinmakers en kleinboere meer bewus raak van die impak wat pes-en onkruiddoders op die omgewing en ons gesondheid het, gaan juis oor die plantmaatsbeginsel: “Ag, kan ek nie sommer’n plantmaat gebruik om al die peste die hasepad te laat kies nie?”
Uhm… ek haal diep asem en trek dan los – met
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days